Polisie vra inligting nadat aktivis doodgeskiet is

Lees ook :

Foto: Women For Change

OOS-KAAP. – Pamela Mabini (46) van Maro Foundation is Vrydag in ‘n wit Chevrolet-bakkie in Tshaukastraat, Kwazakele, doodgeskiet.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê Kwazekele-polisie is omstreeks 10:45 na ‘n klagte van ‘n skietinsident. Met aankoms is Mabini se liggaam met verskeie skietwonde in die bakkie aangetref. Van Rensburg sê geen verdere inligting is beskikbaar nie. ‘n Moordsaak word ondersoek.

Enigiemand met relevante inligting oor die misdaad word gevra om speur.kol. Anthea Hector van Kwazekele by 082 457 5036 te bel.

Volgens Women For Change is Mabini buite haar huis doodgeskiet en daar word geglo dit was die tweede poging om haar lewe te neem, nadat daar in 2018 ook ‘n insident was. Mabini is as ‘n aktivis vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en mensehandel beskryf, wat ook verlate kinders en haweloses van kos, skuiling en lewensmiddele voorsien het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief