Lees ook: Vyf mense oorlede na skip brug tref in China
TSHILWAVHUSIKU, LIMPOPO. – Die polisie op Tshilwavhusiku het die publiek se hulp gevra om ‘n vermiste ouer man (72) te vind.
Albert Munyadziwa is op 20 Februarie as vermis aangemeld toe hy geloop het om skrootmetaal by die plaaslike Spar te gaan soek om te herwin en nooit teruggegaan het huis toe nie.
Hy het ‘n blou baadjie, grys weerkaatsbroek en swart tekkies aangehad.
Enigiemand met inligting word gevra om die polisie te skakel.
Bronne: SAPD





