Polisie waarsku oor toenemende misdaad waartydens slagoffers geld verloor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – Die polisie in dié provinsie waarsku die publiek oor ’n toename in kommersiële misdaad. ’n Beroep word op die gemeenskap gedoen om waaksaam te wees en nie hulle persoonlike of bankinligting aan onbekendes te gee nie, aangesien insidente van swendelary (scamming) en bedrog toeneem.

Brig. Donald Mdhluli, polisiewoordoverder, sê misdadigers gebruik verskeie taktieke om slagoffers te mislei. Sommige bel of stuur boodskappe waarin hulle voorgee om bankamptenare te wees en probeer slagoffers oortuig om OTP-kodes en ander sensitiewe inligting te deel. Ander gevalle behels vals kompetisies waaraan deelgeneem kan word, wat dan voorsien word van ‘n skakel. Sodra die slagoffer daarop druk, is die ander party in staat om inligting soos bankbesonderhede te bekom. Slagoffers kan ook deur booswigte deur middel van ‘n kennis se gekaapte WhatsApp-rekening vir geld gevra word en in sommige gevalle afgepers word. Daar is ook aanlyn voertuigverkope waar ‘n vinnige deposito vereis word en die heengaan van ‘n geliefde uitgebuit word.

Die polisie raai die publiek aan om net by betroubare handelaars goedere en voertuie te koop, geldversoeke altyd eers direk te verifieer, nie op skakels uit onbekende bronne te klik nie en waaksaam te wees om nie mislei te word nie. Die gemeenskap word gevra om saam met die polisie te werk om hierdie soort misdaad te voorkom en te bekamp.

Mike Bolhuis van Specialised Security Services (SSS) waarsku dat afspraakwebwerwe en ander aanlyn platforms toenemend gebruik word vir sogenaamde “sextortion”-skemas, waar slagoffers afgepers word nadat hulle mislei is om intieme inhoud te deel. Bolhuis verduidelik dat kubermisdadigers dikwels vals profiele skep met aantreklike foto’s en oortuigende stories om mense se vertroue te wen. Nadat ’n verhouding of vriendskap opgebou is, skuif die gesprek na ’n meer intieme vlak. Slagoffers word dan oorreed of onder druk geplaas om kompromitterende foto’s of video’s te deel. Sodra die inhoud verkry is, volg dreigemente dat dit aan familie, vriende of kollegas versprei sal word tensy geld betaal word.

Volgens Bolhuis eis die misdadigers gewoonlik betalings via geldoorplasings, kripto-geldeenhede of geskenkbewyse. Selfs wanneer slagoffers betaal, hou die afpersing dikwels nie op nie. Hy waarsku dat hierdie skemas nie net op gewilde afspraaktoepassings voorkom nie, maar ook op sosiale media, boodskaptoepassings soos WhatsApp en Telegram, asook in aanlyn forums en gemeenskappe. Hy beklemtoon dat die emosionele impak op slagoffers groot kan wees. Vrees, skaamte, skuldgevoelens en selfs depressie kom algemeen voor. Sommige mense ervaar langdurige trauma en sukkel om weer ander te vertrou, veral in aanlyn omgewings.

Bolhuis doen ’n beroep op die publiek om versigtig te wees wanneer hulle met onbekendes aanlyn kommunikeer. Enige versoek vir intieme inhoud, geld of persoonlike inligting moet as ’n waarskuwingsteken beskou word. Hy raai mense aan om verdagte gedrag onmiddellik aan te meld en ondersteuning te soek indien hulle geteiken word. Algemene kuberveiligheidsmaatreëls, soos om persoonlike inligting te beskerm en identiteite te verifieer voordat sensitiewe inhoud gedeel word, kan help om sulke misdade te voorkom.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief