Polisiebakkie rol in Longstraat

Lees ook :

’n Polisievoertuig het net voor 12:00 op 16 Februarie 2019 by die hoek van Longstraat en Carterweg gerol.

Ruan Benn, woordvoerder by MED24 sê: “Ons is uitgestuur na Longstraat waar ’n polisiebakkie gerol het. MED24 en ’n provinsiale ambulans was op die toneel. Waarskynlik was net die bestuurder in die voertuig toe dit gerol het. Ons het die pasiënt in die ambulans behandel, maar hy wou nie hospitaal toe gaan nie.”

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie sê: “Kimberley-polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat ’n polisievoertuig van die Galeshewe-polisiekantoor en ’n BMW in ’n ongeluk betrokke was. ’n Polisielid het beserings opgedoen en is na ’n plaaslike hospitaal geneem. Die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief