Polisiebakkie rol in Longstraat

Lees ook :

’n Polisievoertuig het net voor 12:00 op 16 Februarie 2019 by die hoek van Longstraat en Carterweg gerol.

Ruan Benn, woordvoerder by MED24 sê: “Ons is uitgestuur na Longstraat waar ’n polisiebakkie gerol het. MED24 en ’n provinsiale ambulans was op die toneel. Waarskynlik was net die bestuurder in die voertuig toe dit gerol het. Ons het die pasiënt in die ambulans behandel, maar hy wou nie hospitaal toe gaan nie.”

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie sê: “Kimberley-polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat ’n polisievoertuig van die Galeshewe-polisiekantoor en ’n BMW in ’n ongeluk betrokke was. ’n Polisielid het beserings opgedoen en is na ’n plaaslike hospitaal geneem. Die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief