Liefde gaan oor neem en gee – Newton

Lees ook :

Leerlinge van die Laerskool Newton skool het op 14 Februarie as deel van ‘n Valentynsdagviering 40 rooi en wit balonne in die lug laat opgaan.

Die geleentheid het op die Boeta Dippenaar-park by Newton plaasgevind, waar ongeveer 1100 leerders deel was van die seremonie. Elke leerling het ‘n plastiekhandskoen gedra waarop rooi harte geteken is.

Nadat ‘n plaaslike koerant Newton gekruisig het oor die balonne en op sosiale media foto’s van die dag geplaas het, het Kimberliete heftig reageer.

Daar is gevra of Newton “onskuldige Valentynsdag-pret of sleg vir die omgewing” is. Al die Kimberliete het vir Newton opgekom.

Boodskap

Op navrae oor die situasie het mnr. Boon Boonzaier, skoolhoof van Laerskool Newton, gesê dat dit is jammer dat ‘n positiewe boodskap as negatief gesien is. “Ons werk is opvoeding. En ‘n dag soos Valentynsdag gaan oor die liefde. Liefde is een van ons skool se pilare. Ons het vir ‘n hele week lank elke dag oor liefde gepraat en die leerders daaroor geleer.”

Boonzaier sê verder dat hulle doel is om kinders te leer dat Valentynsdag veel meer gaan oor blomme en sjokolade. “Die doel van die hele geleentheid was om kinders te leer as jy liefde wil ontvang, moet jy ook liefde gee. Dit is hoekom ons die leerders die hartjies op hulle hande laat teken het. “

Volgens Boonzaier gaan die handskoene, met die hartjies op vir die volgende maand op elke leeder se tafel by die skool lê, om hulle te herinner dat liefde ‘n “neem en gee situasie” is.

Hy vertel dat hulle dae soos Valentynsdag gebruik om waardes soos liefde op ‘n praktiese manier uit te beeld. “Hoe kan jy 40 ballonne in die lug opweeg teen 1000 hande met hartjies op wat ‘n goeie boodskap wil uitdra?”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief