GAUTENG. – Die saak van ‘n polisiebeampte (32) van Pretoria se misdaadintelligensie-eenheid wat teregstaan op moord, aanranding en die rig van ‘n vuurwapen, is Maandag deur die Ga-Rankuwa-landdroshof vir ‘n borgtogaansoek tot 18 Junie uitgestel.
Phaladi Shuping, woordvoerder van die onafhanklike polisie ondersoek-direktoraat (Opod), sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die voorval het na bewering op Saterdag, 31 Mei, in Mabopane se Boikhutsong-afdeling plaasgevind. Toe die beampte sy huis verlaat en saam met twee mans wat op pad na ’n plaaslike taverne gestap het, het hulle ‘n woordewisseling gehad. Hy het hulle glo uitgeskel, sy vuurwapen uitgehaal en verskeie skote op hulle geskiet. Een man het daarin geslaag om weg te hardloop, terwyl die ander gewond is.
Lede van die gemeenskap het op die toneel aangekom en die beseerde man na Legae-hospitaal vervoer, waar hy met sy aankoms dood verklaar is.
Die polisiebeampte is op die toneel in hegtenis geneem.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





