Polisiekaptein ontsnap naelskraap aan koeëlreën tydens transitoroof

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – ‘n Polisiekaptein het vanoggend op die N2-hoofweg naelskraap aan ‘n koeëlreën ontsnap toe beweerde transitorowers op hom losgebrand het.

Kol. Robert Netshiunda sê die kaptein, geklee in beskermende toerusting en in ‘n ongemerkte voertuig, was onderweg na ‘n operasie in Inanda. Hy het in ‘n noordelike rigting agter die kontantwa gery. Net voor die KwaMashu-hoofweg-afrit het ‘n onbekende getal beweerde transitorowers in verskeie voertuie op die bakkie geskiet. Die kaptein het taktiese kennis toegepas en teruggeskiet, waarna hy uit die voertuig kon klim om dekking te neem. Die offisier kon daarin slaag om ook ander niksvermoedende motoriste te keer voordat hulle slagoffers van die beweerde transitorowers kon word.

Die verdagtes het die kontantwa oopgeskiet en met ‘n onbekende bedrag geld gevlug. Die veiligheidswagte het nie beserings opgedoen nie, maar is glo van drie vuurwapens, waarvan een ‘n geweer is, beroof.

Enigiemand met inligting van die verdagtes word versoek om na vore te kom.

Foto’s: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief