Polisiekaptein skiet homself nadat hy bloedbad ontketen

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ’n Polisiekaptein het Saterdagaand eers ‘n vrou en haar broer in Protea doodgeskiet, voordat hy die vuurwapen op homself gerig het. Nog drie persone is in die voorval gewond.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê volgens inligting was ‘n groep mense besig om die verjaardag van die kaptein se vriendin, wat self ’n polisielid is, te vier. Die kaptein het haar glo eenkant toe geroep. Mense het glo gesien hoe hy ‘n vuurwapen uithaal en beide die vrou en haar broer doodskiet. Drie ander mense is ook in die voorval gewond. Die kaptein het daarna die wapen op homself gerig.

Twee aanklagte van moord, drie van poging tot moord en ’n geregtelike doodsondersoekdossier vir die kaptein se afsterwe is vir verdere ondersoek by die Protea-polisiestasie geopen.

Lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale polisiekommissaris, het medelye betuig en gesê: Ons gee ons lede hierdie gereedskap om hulself teen misdadigers te beskerm, daarom is dit baie ontmoedigend om te sien dat dieselfde gereedskap gebruik word om hul geliefdes te vermoor. Ek doen ’n beroep op ons lede om gebruik te maak van die diens vir gesondheid en welstand van werknemers om hulle by te staan met enige probleme, hetsy werksverwant of persoonlik – Employee Health and Wellness – EHW is altyd daar.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief