WES-KAAP. – ‘n Polisiekonstabel (34) is vroegoggend deur ‘n verdagte op die hoek van Lugmagrylaan en Drommedarisstraat in Ysterplaat gewond.
Kol. André Traut sê polisiekonstabels het drie verdagtes vir ondervraging genader. Een van die verdagtes het glo te voet gevlug en skote in die rigting van die polisiekonstabels geskiet. Een polisiekonstabel is getref en in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal opgeneem.
Die ander verdagtes, onderskeidelik 21 en 26 jaar, is vir ondervraging ingeneem, terwyl die polisie op die verdagte wat geskiet is se spoor is.
Die voorval word ondersoek.