Polisiekonstabel in voertuig doodgeskiet

Lees ook :

Polisiekonstabel in voertuig doodgeskiet fotokrediet: Canva

PIENAAR. – ’n Polisiekonstabel is gisteraand hier in Phakane doodgeskiet.

Lees ook: Soektog na Madeleine McCann amptelik opgeskort

Volgens ‘n verslag is die slagoffer, konst. Donald Mathebula, in sy privaat-voertuig in sy uniform gekry ná die polisie ’n oproep oor ’n skietery ontvang het. Hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Luidens die verklaring is in ‘n voorlopige ondersoek bevind dat Mathebula by ’n spazawinkel stilgehou het toe drie gewapende verdagtes met balaklawas aan op hom geskiet het.

Mathebula het probeer wegry, maar hy is getref en het beheer oor die voertuig verloor voordat hy teen ’n boom en ‘n muur gebots het. Niks is gesteel nie en die verdagtes het gevlug.

Luidens die verklaring het die verdgtes Mathebula klaarblyklik ingewag, maar die motief vir die moord is onbekend. Die ondersoek duur voort.

Bronne: SAPD

Lees ook: Soektog na Madeleine McCann amptelik opgeskort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief