NOORD-KAAP. – Polisielede van Hanover het Saterdag ‘n peuter (2) uit ‘n brandende shack gered.
Sers. Timothy Sam sê die ma van die peuter het aan die polisie gesê haar kêrel het glo die peuter gevat, hulle in die shack toegesluit en gedreig om dit af te brand.
Sers. Mthetheleli Mthambeki en Khanyisa Khalashe het saam met konst. Andile Jara en Andre Coetzee met die verdagte onderhandel om die peuter te laat gaan. Hulle het rook opgemerk en gedwonge toegang tot die shack verkry. Die verdagte het die polisielede glo met ‘n skerp voorwerp probeer aanval, maar hulle kon dit afweer. Die peuter is verwyder en die verdagte is op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem. Die motief vir die voorval word ondersoek.
Die verdagte sal vandag in die Hanover-landdroshof verskyn.
Die polisielede is deur genl.maj. Luntu Ngubelanga, die waarnemende provinsiale kommissaris in die provinsie, vir hul optrede om die kind uit die brandende shack te red, geprys.