Polisielede sterf in ongeluk toe hulle gevangenes vervoer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Adjudant-offisier (59) en ‘n konstabel (41) het Vrydag in ‘n ongeluk gesterf toe hulle verhoorafwagtende gevangenes vervoer het. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Kol. Priscilla Naidu sê die ongeluk het na bewering omstreeks 09:30 op die R63 tussen Pearston en Graaff-Reinet gebeur. Die polisievoertuig se band het gebars, gevolglik is beheer oor die voertuig verloor. Dit het van die pad af geloop en verskeie kere gerol. Drie polisielede was in die voertuig wat die verhoorafwagtendes van Somerset Oos-landdroshof na Graaff-Reinet-korrektiewe dienste vervoer het.

Buiten die twee oorledenes het nog ‘n sersant (42) ernstige beserings opgedoen. Die sersant en die twee gevangenes is vir behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Lt.genl. Nomthetheleli Mene het sy medelye uitgespreek: ‘We wish a speedy recovery to the injured member. Our deepest condolences to the families as they mourn the tragic loss of their loved ones. The untimely deaths of the police officers has shocked the SAPS family, reminding us of the dangers that police officers face every day. We honour their services made in the line of duty and their sacrifices in keeping our communities safe.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief