OOS-KAAP. – ‘n Adjudant-offisier (59) en ‘n konstabel (41) het Vrydag in ‘n ongeluk gesterf toe hulle verhoorafwagtende gevangenes vervoer het. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Kol. Priscilla Naidu sê die ongeluk het na bewering omstreeks 09:30 op die R63 tussen Pearston en Graaff-Reinet gebeur. Die polisievoertuig se band het gebars, gevolglik is beheer oor die voertuig verloor. Dit het van die pad af geloop en verskeie kere gerol. Drie polisielede was in die voertuig wat die verhoorafwagtendes van Somerset Oos-landdroshof na Graaff-Reinet-korrektiewe dienste vervoer het.
Buiten die twee oorledenes het nog ‘n sersant (42) ernstige beserings opgedoen. Die sersant en die twee gevangenes is vir behandeling na ‘n hospitaal geneem.
Lt.genl. Nomthetheleli Mene het sy medelye uitgespreek: ‘We wish a speedy recovery to the injured member. Our deepest condolences to the families as they mourn the tragic loss of their loved ones. The untimely deaths of the police officers has shocked the SAPS family, reminding us of the dangers that police officers face every day. We honour their services made in the line of duty and their sacrifices in keeping our communities safe.”