Polisielid en makker met ‘gouddraende materiaal’ betrap

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Twee verdagtes, onderskeidelik 35 en 37 jaar oud, wat glo Vrydag in die proses was om vermoedelike gouddraende materiaal te raffineer, is gearresteer. Daar is later ontdek een is ‘n polisiekonstabel.

Kol. Adéle Myburgh sê die twee verdagtes is tydens ‘n Vala Umgodi-operasie in ‘n smeltery in Khuma vasgetrek. Met verdere ondersoek is bevind die een verdagte, wat van regsverydeling aangekla word, is ‘n konstabel. Beide die verdagtes sal boonop vandag op aanklagte van sameswering om ‘n misdryf te pleeg, die onwettige raffineer van goud sonder ‘n permit en besit van onbewerkte gouddraende materiaal in die Stilfontein-landdroshof verskyn.

“Tydens die operasie is daar op onwettige myntoerusting, soos ‘n suurstofbottel, LPG-gasbottel, ‘n skaal en vermoedelik gouddraende materiaal, beslag gelê.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief