KWAZULU-NATAL. – ‘n Polisielid (50), verbonde aan die Verulam-speurtak, se liggaam is Donderdagoggend by sy huis in Waterloo ontdek. Hy het glo sy eie lewe geneem.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die man se liggaam is in sy bloeddeurdrenkte bed aangetref.
“Hy het ‘n skietwond aan sy kop gehad. Die besering is vermoedelik self toegedien. Omstandighede wat tot die beweerde selfdood gelei het, is nie onmiddellik bevestig nie.”
Die man is op die toneel dood verklaar.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.
Polisielede kan vir hulp by hulle EHW-departement, wat na werknemer se gesondheid en welstand help omsien, aanklop.





