Polisieman gewond in skietvoorval in Gqeberha

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ’n Polisiekonstabel word in ’n hospitaal behandel nadat hy Sondagaand tydens ’n skietvoorval in Missionvale, Gqeberha ernstig gewond is.

AO Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring lede van die Algoa Park-polisiekantoor was omstreeks 23:00 op roetinepatrollie in Jackweg, toe ’n onbekende man tussen huise verskyn en op die patrollievoertuig begin skiet het. Die konstabel is verskeie kere raakgeskiet en met haas na ’n hospitaal geneem. Die aanvaller het intussen op die vlug geslaan en is steeds voortvlugtig.

’n Saak van poging tot moord is geopen en die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur om die gewapende verdagte vas te trek.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur.AO Errol Kleinhans by 083 243 4567 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief