Lees ook: Derde Steinhoff-verhoor begin in Duitsland
SYDNEY, AUSTRALIЁ. – ‘n Polisieman is in hegtenis geneem vir die ‘moord’ op ‘n vermiste paar van Sydney, Australië.
Die Australiese TV-persoonlikheid, Jesse Baird, en sy kêrel Luke Davies, het die week verdwyn. Bloedbevlekte items wat aan hulle behoort het, is Woensdag in ‘n vullisblik gevind.
Baird se gewese kêrel, die polisieman Beaumont Lamarre-Condon, het hom Vrydag aan die polisie oorgegee.
Die polisie het gesê hulle glo Baird en Davies is Maandag in Baird se huis vermoor en hulle liggame daarna in ‘n wit voertuig geskuif. Getuies het gesê hulle het daardie oggend ‘n “geskreeu” en “argument” gehoor. Die wit voertuig is die aand op CCTV vasgelê en is Vrydag ontdek. Die liggame van die twee mans is nog nie gevind nie.
‘n Koeël wat uit Condon se werksvuurwapen kom, is by Baird se huis gevind saam met “baie” bloed en omgekeerde meubels. Baird het nooit Dinsdag by die werk opgedaag nie.
Die rede vir die ‘moord’ is nog nie bekend nie, maar Baird en Condon het glo ‘n paar maande gelede hulle verhouding beëindig.
Bronne: BBC, Evening Standard, ITV





