Polisieminister en adjunkte skakel met rolspelers oor bendegeweld

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Prof. Firoz Cachalia, polisieminister, dr. Polly Boshielo, adjunkminister van polisie, en Andries Nel, die adjunkminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, ontmoet vandag (Dinsdag) rolspelers in Mitchells Plain en Mfuleni oor voortslepende bendegeweld.

Volgens die polisie vorm die gesprekke deel van die justisie-, misdaadvoorkoming- en veiligheidsgroep (JCPS) se pogings om praktiese, gemeenskapsgedrewe ingrypings te implementeer om bendegeweld te bekamp en veiligheid te bevorder. Die inisiatief het ook ten doel om interdepartementele samewerking te versterk en volhoubare vennootskappe met geraakte gemeenskappe te bou.

Die vergadering vind om 16:30 by die Mfuleni-polisiekantoor plaas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief