Polisieminister sê voorgenome inhegtenisneming van nasionale polisiekommissaris is slegs gerugte

Lees ook :

Foto: Facebook

GAUTENG. – Senzo Mchunu, die polisieminister, het met kommer kennis geneem van mediaberigte wat spekuleer oor ’n dreigende inhegtenisneming van genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris.

Kamogelo Mogotsi, woordvoerder vir die polisieminister, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits volgens die ministerie van polisie is hulle nie bewus van enige sodanige voorgenome inhegtenisneming nie. Die ministerie het ook kennis geneem van die reaksie van die NVG se direktoraat vir ondersoeke teen korrupsie (IDAC) oor die betrokke spekulasie.

“Ons doen ’n beroep op die media om spekulasie van hierdie aard te vermy, aangesien dit ’n nadelige uitwerking het op die betrokke persoon en ook die werk van die Suid-Afrikaanse Polisiediens destabiliseer,” het Mogotsi gesê.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief