Polisiesersant pleeg glo versekeringsmoord van ongeveer R10 m.

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Polisiesersant (43) is vir beweerde versekeringsmoord vasgetrek, nadat sy sedert 2019 die begunstigde van haar slagoffers se polisse was en toe reeds haar vermeende moordtog begin het.

Brig. Athlenda Mathe sê die ondersoek na die bewerings waarvolgens die sersant op ‘n bedrieglike wyse van begrafnisdekking, ongeluk- en lewenspolisse van verskeie banke en versekeringsmaatskappye gebaat het, het lank geneem.

“Haar slagoffers was aan haar bekend en was van behoeftige en benadeelde agtergrond en sommige was gestrem of verstandelik gestrem.”

Sy sou lewenspolisse en begrafnisdekking op die lewens van die slagoffers uitneem en haarself die begunstigde maak. Die sersant word tans met ses sake van beweerde moord verbind. Volgens bewyse het sy ten minste R10 m. in haar sak gedruk.

“Ná maande se ondersoek het die ondersoekspan ’n lasbrief vir arrestasie bekom. Die lasbrief is by die polisiestasie uitgevoer, waar sy in hegtenis geneem is.”

Mathe sê die sersant sal Vrydag op ses moordklagtes en sewe bedrogklagtes in die Polokwane-distrikshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief