Polisiespeurders vir ‘diefstal en regsverydeling’ gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Vier speurders van Barberton-polisiestasie, drie mans en ‘n vrou, is vir beweerde diefstal van R1 800 000 gearresteer.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke sê na bewering het die speurders Donderdag die huis van ‘n zama-zama-betaalmeester deursoek. Die geld is glo in ‘n kas gevind, waarna die speurders die geld en die betaalmeester se seun uit die huis verwyder het. Die seun is na bewering sonder dat ‘n dossier geopen is vir vyf uur in die polisieselle aangehou en die geld is nie as bewysstukke ingehandig nie.

“Later is misdaadintelligensie na die polisiestasie ontbied. Met hul aankoms het hulle die polisiebeamptes ontbied. Met hulle aankoms het hulle die bedrag van R200 000 getoon wat volgens hulle by die betaalmeesters se huis gevind is.”

Die betaalmeester se seun het ‘n saak van diefstal teen die vier speurders gemaak, warna hulle gearresteer is. Hulle verskyn vandag (Vrydag) op die aanklagte teen hulle in die Nelspruit-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief