Polisievoertuig uitgebrand, nog een beskadig

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – ‘n Polisievoertuig is in die vroeë oggendure in Bottlebrush in Chatsworth uitgebrand terwyl ‘n ander met klippe getakel is.

Kol. Robert Netshiunda sê terwyl ‘n taakspan gesoekte moordenaars te voet met ondersteuning van OOP gesoek het, het ‘n groep inwoners die voertuie gebrand en beskadig.

“Community members always complain about the lack of police resources, which is a genuine concern, but there are those who seek to cripple the police service so that they can continue with their reign of terror. Burning and stoning police vehicles is a serious crime and the team is already on the ground to find those behind this heinous act”, sê lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, wat die optrede ten sterkste veroordeel.

Mkhwanazi sê die optrede is ‘n direkte aanval op die gesag van die staat.

Twee gesoekte verdagtes, waarvoor die polisie oorspronklik in die area was, is in hegtenis geneem. Twee vuurwapens en ‘n luggeweer is in hulle besit gevind.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief