NOORDWES. – AO Koketso Mareka het Vrydag op aanklag van ontvoering, aanranding met die opset om ernstig te beseer en poging tot moord in die Zeerust-landdroshof verskyn. Sy is op borg van R2 000 vrygelaat.
Brig. Sabata Mokgwabone sê ‘n slagoffer (24) is glo op Saterdag 28 April in die Ikageleng-woonbuurt deur die gemeenskap aangerand. OOP-lede het die slagoffer uit die hande van die gemeenskap gered, waarna hy vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is. Op Sondag 29 April is ‘n man (25) van dieselfde woonbuurt deur woedende gemeenskapslede wakker gemaak en van verkragting van bejaardes beskuldig. Hy is na bewering aangerand, met pepersproei gespuit, met klippe gegooi en met ‘n mes gesteek. Die slagoffer is met ernstige beserings na ‘n hospitaal geneem.
Moreka is as een van die verdagtes geïdentifiseer. Mogwabone sê meer inhegtenisnemings sal volg.
AO Mareka sal op 27 Junie weer in Zdie eerust-landdroshof verskyn.





