Popcru eis Ian Cameron se kop oor kommentaar

Lees ook :

Polisie en tronke unie eis dat Ian Cameron verwyder word na kommentaar fotokrediet: X

Die polisievakbond Popcru het geëis dat Ian Cameron uit sy rol as die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir die polisie padgee ná sy kommentaar oor die vryspreek van adj.pres. Paul Mashatile se beskermingsbeamptes.

Lees ook: Pakistan val verskeie teikens in Indië aan

Cameron het die week die beskermingsbeamptes thugs genoem en sy woede uitgespreek ná die SAPD die agt beamptes, wat in 2023 afgeneem is waar hulle padgebruikers op die N1 aanrand, vrygespreek het in ’n interne dissiplinêre proses.

Hy het gesê die vryspreking van die beamptes was ’n “direkte uitslag van ’n gefaalde interne SAPD- dissiplinêre stelsel, vakbondinmenging en die polisie se leierskap”. Hy het gesê die beeldmateriaal het “geen twyfel gelaat nie, maar die SAPD-bestuur het ‘n besluit afgeteken wat die spot dryf met geregtigheid en openbare vertroue”. Cameron het gesê: “Die vryspreking beklemtoon die idee dat die beskermingseenhede op hulle eie reëls funksioneer weg van die standaarde wat die res van die samelewing moet volg. Ons kan nie die SAPD toelaat om ’n veilige plek te word vir thugs in uniform nie”.

Popcru het Cameron se opmerkings gekritiseer en geëis dat hy uit sy pos verwyder word. Hulle beweer hy het sy rol “misbruik” en hy “ondermyn die regstelsel”. Dit word ook beweer dat Cameron se kommentaar openbare persepsie negatief kan beïnvloed.

Bronne: The Citizen, Polity, IOL

Lees ook: Pakistan val verskeie teikens in Indië aan

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief