PORT-SHEPSTONE, KZN. – ’n Egpaar van Port Shepstone is verlede week tot vyf jaar gevangenisstraf vir diefstal en geldwassery gevonnis. Christopher (49) en Reena (45) Moonsamy se vonnisoplegging het in die Port Shepstone-streekshof plaasgevind.
Dit volg na ’n aanvanklike saak van diefstal in 2021 teen die egpaar geopen is nadat groot bedrae geld vanuit die eienaar van ’n in-en-uitvoermaatskappy se rekening onttrek is. Die bank het die klaer ingelig dat die bedrag R1 224 500 beloop.
Christopher is ’n vyf jaar-vonnis vir diefstal en ’n bykomende vyf jaar-vonnis vir geldwassery opgelê. Sy vonnis sal gelyklopend uitgedien word.
Reena is tot vyf jaar vir haar betrokkenheid by die diefstal gevonnis.
Volgens lt.kol. Nqobile Gwala is nog twee persone wat na bewering by die misdaad betrek word, in hegtenis geneem en sal in Mei weer in die hof verskyn.
Bronne: Caxton News, The Citizen, SAPD, Facebook





