VATIKAAN. – Die Vatikaan het bekendgemaak pous Franciskus (88) het dubbele longontsteking ontwikkel na hy verlede week in die hospitaal opgeneem is.
Lees ook: Uganda sê Ebola-uitbraak is onder beheer, agt pasiënte ontslaan
Volgens die Vatikaan het hy ook asmatiese bronchitis wat sy toestand meer kompleks maak.
Owerhede het Maandag gesê die pous het ’n “mikrobiese infeksie” wat verder met kortisoon en antibiotika behandel moet word.
Die Vatikaan-woordvoerder, Matteo Bruni, het gesê die pous is in ‘n stabiele toestand en sal steeds in die hospitaal bly.
Bronne: CBC News, The Sun, Newsweek
Lees ook: Uganda sê Ebola-uitbraak is onder beheer, agt pasiënte ontslaan





