VATIKAAN. – Volgens die Vatikaan het pous Franciskus se toestand ‘n bietjie verbeter, maar is sy toestand steeds kritiek.
Lees ook: Pous Franciskus het dubbele longontsteking
Dit volg na die pous se toestand as kritiek bestempel is as gevolg van respiratoriese en nierprobleme wat hy ontwikkel het. Die Vatikaan het gesê die “klein” nierprobleem is nie iets om oor bekommerd te wees nie.
Pous Franciskus het gister weer sy werk hervat en het die priester van die “gemeente” in Gaza gebel om sy “vaderlike nabyheid te betoon”.
Bronne: BBC, Daily Mail, DNA





