Prasa verwelkom ondersoek oor ‘wanadministrasie en wanpraktyke’

Lees ook :

Foto: Prasa

NASIONAAL. – Prasa het ‘n ondersoek, ten opsigte van wanadministrasie en wanpraktyke, wat deur die spesiale ondersoekeenheid (SIU) uitgevoer sal word, verwelkom.

Die ondersoek gaan oor die toekenning van tenders aan Swifambo Rail wat lokomotiewe aan Prasa voorsien het, asook Siyangena Technologies vir die verskaffing en instandhouding van ‘n geïntegreerde sekuriteitstoegangsbestuurstelsel. Onbehoorlike en onwettige optrede van werknemers sal ook deel van die ondersoek uitmaak.

Die ondersoek sal in terme van die voorkoming en bekamping van korrupte aktiwiteite plaasvind.

Beweerde bedrieglike aanspreekliheidseise wat uitbetaal is en sprake van sogenaamde spookwerkers in die organisasie, alhoewel reeds intern ondersoek, sal ook deel van die SIU-ondersoek wees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief