Lees ook: Vriende en ondersteuners hou nagwaak vir Pravin Gordhan se herstel
Oudminister Pravin Gordhan is vanoggend in die ouderdom van 75 oorlede na hy Dinsdag in die hospitaal opgeneem is.
President Cyril Ramaphosa het sy medelye aan Gordhan se familie uitgespreek. Hy het gesê hy dink aan Gordhan se familie, kamerade, vriende en organisasies waarmee hy gewerk het.
Gordhan was die minister van finansies vanaf 2009 tot 2014 en toe weer van 2015 tot 2017. Hy was ook die minister van Cogta vanaf 2014 tot 2015 en die minister van openbare ondernemings vanaf 2018 tot 2024, waarna hy afgetree het.
Bronne: Presidensie
Lees ook: Vriende en ondersteuners hou nagwaak vir Pravin Gordhan se herstel





