Brekende Nuus
Afrikaans

Pravin Gordhan tree af na verkiesing

Hy is al sedert 2009 in die regering na voormalige president Jacob Zuma hom as die minister van finansies aangestel het.

Pravin Gordhan tree af na verkiesing

fotokrediet: Wikipedia
Pravin Gordhan tree af na verkiesing fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Meer as 13 miljoen mense nie geregistreer om te stem nie

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het onlangs aangekondig hy tree af na vanjaar se verkiesing.

Hy is al sedert 2009 in die regering ná voormalige president Jacob Zuma hom as die minister van finansies aangestel het. Gordhan is later afgedank, maar toe weer deur president Cyril Ramaphosa aangestel.

Die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, en speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ook te kenne gegee hulle gaan na die verkiesing aftree.

Bronne: IOL, TechCentral, Reuters

Lees ook: Meer as 13 miljoen mense nie geregistreer om te stem nie