Pres. Cyril Ramaphosa open vandag G20-vergadering vir buitelandse ministers

Lees ook :

Pres. Cyril Ramaphosa open vandag G20-vergadering vir buitelandse ministers fotokrediet: X

JOHANNESBURG. – President Cyril Ramaphosa sal vandag die G20-vergadering vir buitelandse ministers by Nasrec in Johannesburg open.

Lees ook: VSA-minister gaan nie G20 bywoon nie oor ‘anti-Amerikaanse agenda’

Die vergadering word aangebied deur die minister vir internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, met die tema Solidariteit, Gelykheid en Volhoubaarheid vandag en môre.

Suid-Afrika sal deur die jaar sowat 130 werksgroepvergaderinge en 23 vergaderinge op ‘n ministeriële vlak hou. ‘n G20-leiersberaad sal in November volg.

Oor die volgende twee dae sal verskeie plenêre sessies plaasvind waartydens samesprekings oor verskeie kwessies, insluitende die huidige globale geopolitiese dinamika, gehou sal word.

Bronne: Suid-Afrikaanse Regering

Lees ook: VSA-minister gaan nie G20 bywoon nie oor ‘anti-Amerikaanse agenda’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief