JOHANNESBURG. – President Cyril Ramaphosa sal vandag die G20-vergadering vir buitelandse ministers by Nasrec in Johannesburg open.
Lees ook: VSA-minister gaan nie G20 bywoon nie oor ‘anti-Amerikaanse agenda’
Die vergadering word aangebied deur die minister vir internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, met die tema Solidariteit, Gelykheid en Volhoubaarheid vandag en môre.
Suid-Afrika sal deur die jaar sowat 130 werksgroepvergaderinge en 23 vergaderinge op ‘n ministeriële vlak hou. ‘n G20-leiersberaad sal in November volg.
Oor die volgende twee dae sal verskeie plenêre sessies plaasvind waartydens samesprekings oor verskeie kwessies, insluitende die huidige globale geopolitiese dinamika, gehou sal word.
Bronne: Suid-Afrikaanse Regering
Lees ook: VSA-minister gaan nie G20 bywoon nie oor ‘anti-Amerikaanse agenda’