Lees ook: Goeie nuus voorspel vir Oktober se brandstofprys
President Cyril Ramaphosa gaan na verwagting môre die omstrede Bela-wetsontwerp in ‘n seremonie by die Uniegebou in Pretoria onderteken. Dit sal die regering in plaas van skoolbeheerliggame die finale sê gee oor openbare skole se taal- en onderrigbeileid.
Verder het die wetsontwerp onder andere ten doel om gr. R die nuwe verpligte ouderdom te maak vir skoolbeginners, om ouers en voogde te beboet wat nie seker maak hulle kinders is by die skool nie en om te bevestig dat lyfstraf en ontgroening nie meer in skole toegelaat word nie. Verder sal skole hulle aan ‘n gedragskode moet onderwerp wat betref inklusiwiteit en kultuurdiversiteit.
Bronne: The Citizen, IOL, The Presidency