Presidensie waarsku DA oor ‘waninligting’ ná bewering oor Jonas Mcebisi se visum

Lees ook :

Presidensie waarsku DA oor ‘waninligting’ ná bewering oor Jonas Mcebisi se visum fotokrediet: X

Die presidensie het die DA gewaarsku dat dit “waninligting versprei” en het gesê Suid-Afrika moenie die DA se “disinformasie” oor sake van internasionale belang en diplomasie as amptelike regeringsbeleid aanvaar nie.

Lees ook: President Ramaphosa stel Mcebisi Jonas aan as spesiale gesant na VSA

Dit volg nadat die DA beweer het die spesiale gesant vir Amerika, Jonas Mcebisi, se visum is deur die VSA afgekeur en dat hy nie sy rol tot dusver kon uitvoer nie.

Die DA het ook beweer dat pres. Cyril Ramaphosa en Jonas Mcebisi deur ’n krisis in die gesig gestaar word oor die tariewe wat die Amerikaanse president Donald Trump belowe het gaan in Augustus ingestel word.

Die presidensie het gesê ’n spesiale gesant hoef nie diplomatieke akkreditasie aan gasheerlande voor te lê soos wat ambassadeurs en ander diplomate moet nie. Volgens die presidensie het Jonas nie meer gesag as die departement van handel (DHNM) en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) in die onderhandeling oor die tariewe nie, of in die diplomatieke verhouding met die VSA nie, maar hy werk saam met die departement van handel aan voorstelle aangaande die handelstariewe. Hy werk ook saam met Dirco om die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA te herbou.

Die presidensie het gesê Ramaphosa het nie die behoefte gesien vir Jonas om die VSA dringend te besoek nie en dat dit bekommerd is oor die DA se “veldtog teen nasionale belang en die poging om die land te verkleineer en spesifiek Mcebisi”.

Volgens die presidensie probeer die DA die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA uitbuit uit protes teen Ramaphosa se verwydering van Andrew Whitfield as adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging.

Bronne: SA Regering

Lees ook: President Ramaphosa stel Mcebisi Jonas aan as spesiale gesant na VSA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief