President Cyril Ramaphosa sê volksmoordsaak teen Israel gaan voort

Lees ook :

President Cyril Ramaphosa sê volksmoordsaak teen Israel gaan voort fotokrediet: Canva

President Cyril Ramaphosa het gesê Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel gaan voort en dat die skietstilstand dit nie beïnvloed nie.

Lees ook: VN bevind Israel het volksmoord in Gasa gepleeg

Hy het gesê: “Ons verwelkom die vredesooreenkoms wat aangegaan is, maar dit sal geen impak op die saak wat voor die Internasionale Geregshof is, hê nie”.

Ramaphosa het ook gesê: “Die saak gaan voort en is nou in die stadium wat Israel moet reageer op ons dokumente wat ingedien is en hulle moet dit doen teen Januarie volgende jaar”.

Suid-Afrika het Israel in Desember 2023 van die pleeg van volksmoord in Gasa beskuldig.

Die VN het verlede maand deur ‘n onafhanklike ondersoek bevind Israel hét volksmoord in Gasa gepleeg. Israel het dit ontken.

Bronne: IOL, African News Agency, The Africa

Lees ook: VN bevind Israel het volksmoord in Gasa gepleeg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief