President kondig salarisverhogings vir openbare ampsbekleërs aan

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – President Cyril Ramaphosa het vandag (Dinsdag) ’n besluit geneem om die salarisse van openbare ampsbekleërs met ingang van 1 April te verhoog. Lede van die nasionale uitvoerende gesag, lede van die parlement, lede van provinsiale uitvoerende rade en lede van provinsiale wetgewende liggame ontvang ‘n verhoging van 3.8%.

Die onafhanklike kommissie vir die vergoeding van openbare ampsbekleërs het ’n salarisverhoging van 4,1% vir dié staatslui aanbeveel. Ná oorweging van die aanbevelings van die kommissie en die impak daarvan op die fiskus, het die president egter besluit op verhogings van 4,1% en 3,8% in verskillende kategorieë. Die verhoging van 4,1% geld vir regters, landdroste, tradisionele leiers en lede van onafhanklike grondwetlike instellings.

“Die president waardeer die ywer en integriteit waarmee die kommissie sy aanbevelings gemaak het,” sê Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief