GAUTENG. – President Cyril Ramaphosa se onmiddellike bedanking word deur Defend South Africa met ‘n optog wat vanoggend in Tshwane plaasvind, geëis.
Die Tshwane-metropolisie sê die optog sal om 10:00 by die ou Putco-busdepot in Marabastad begin en sal om 13:30 by die Uniegeboue eindig.
Lees hier onder in die verklaring watter strate deur die optog geraak sal word. Die optog sal deur die metropolisie en die SAPD gemonitor word. Motoriste word gevra om waar nodig van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Die Gauteng Provincial JOC het die optog op hulle Facebook-blad bevestig.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com