Pretoria-sanger doen ernstige brandwonde op

Lees ook :

Pretoria-sanger doen ernstige brandwonde op. Foto's: Facebook

PRETORIA, GAUTENG. – Du Preez van Heerden, ’n plaaslike sanger van Pretoria, het onlangs derdegraadse brandwonde opgedoen toe hy in ’n kampvuur geval het.

Hy het op sy Facebook-blad meer oor die voorval vertel. Die insident het glo drie weke gelede gebeur tydens ’n kuier saam met vriende.

Du Preez vertel hy het agteruit getree terwyl hy met iemand gepraat het, oor ’n baksteen gestruikel en met sy rug eerste in die vuur beland.

Sy vriende het hom uit die vuur gehelp en in die swembad gegooi.

Vir die eerste vyf dae het hy self probeer om die wonde te behandel, maar het toe besluit om eerder na ’n hospitaal te gaan. Volgens die mediese personeel het hy tweede- en derdegraadse brandwonde oor sy hele rug, arms, borskas en boude opgedoen. Dit is omtrent 30% van sy liggaam.

Dooie weefsel moes in die teater verwyder word. Du Preez sê hy voel steeds die vlamme op sy vel wanneer hy aan die traumatiese insident terugdink.

Kyk die video waarin hy meer vertel hier.

Bronne: Facebook, Pretoria Rekord

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief