Prins Harry appelleer oor beskerming in VK

Lees ook :

Prins Harry appelleer oor sekuriteit in VK fotokrediet: X

VK. – Prins Harry was die week weer in die hof in die VK om te appelleer teen die hooggeregshof se besluit om sy regsaksie oor die vlak van beskerming wat hy in die VK kry, van die rol te skrap.

Lees ook: Liefdadigheidskommissie ondersoek prins Harry se Sentebale

Prins Harry het verlede jaar regsaksie teen die Britse ministerie van binnelandse sake en die komitee vir die Beskerming van Koninklike en Openbare Figure geneem ná die komitee beslis het hy moet privaat sekuriteit aanstel wanneer hy in die land is.

Die besluit is geneem na hy en Meghan Markle in 2020 uit hulle rolle as werkende koninklikes getree het. Die prins wil hê hy en sy gesin moet dieselfde mate van beskerming op besoek in Brittanje geniet as toe hy en Megan nog werkende koninklikes was en dit deur die staatskas betaal is.

Prins Harry het gesê hy en Meghan Markle “het gedwing gevoel” om uit te tree as senior werkende lede van die koninklike familie, want hulle het gedink hulle “is nie beskerm nie”.

 Sy prokureurs het beweer sy veiligheid en lewe is in gevaar en dat sy teenwoordigheid in die hof bewys hoe belangrik die appèl vir hom en sy familie is.

Die regter het gesê ’n skriftelike besluit sal op ’n later datum gegee word.

Bronne: The Mirror, Express, Daily Express

Lees ook: Liefdadigheidskommissie ondersoek prins Harry se Sentebale

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief