Privaat ondersoeker moet uitvind wat van BAANKSY geword het

Lees ook :

Foto's: Farm Sanctuary SA

WES-KAAP. – BAANKSY, ‘n skaap wat nasionaal sowel as internasionaal bekendheid vir kunswerke verwerf het, het op 1 Februarie van Farm Sanctuary SA vermis geraak. ‘n Allemintige R1.2 m. is vir die opsporing van die kunstenaar uitgeloof en ‘n privaat ondersoeker is aangestel.

Joanne Leffson, die direkteur van Farm Sanctuary SA in Franschhoek sê aan Nuusflits ‘n hoogs gekwalifiseerde forensiese ondersoeker, wat voorheen met noemenswaardige ondervinding by teenstropery van olifante en renosters betrokke was, is aangestel om die ondersoek na Baanksy te behartig. Die ondersoeker glo hy sal met die beskikbare leidrade die saak kan oplos. Leffson het vroeër genoem daar is ‘n huishoudelike dispuut op die plaas en daarom word kwaadwilligheid vermoed, maar daar kan tans geen verdere inligting beskikbaar gestel word nie.

Op 31 Oktober 2024 het BAANKSY ‘n eerste skildery in opdrag aangepak en ‘n heks op ‘n besemstok geskilder. BAANKSY het volgens die plasing by Pigcasso, ‘n skilderende vark, leer skilder.

Sers. Wesley Twigg sê ‘n veediefstalsaak word ondersoek. Volgens die klaer in die saak is die skaap op 1 Februarie omstreeks 17:00 gelaat en met terugkeer die volgende dag omstreeks 09:15 was twee skape vermis. Nog geen arrestasies is gemaak nie en die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief