‘Profeet’ verkrag glo vrou tydens sosiale byeenkoms

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n “Profeet” (36) het glo Woensdag ‘n vrou (20) verkrag wat by sy huis vir ‘n sosiale byeenkoms was. Die verdagte is in hegtenis geneem en het Vrydag in die Thohoyandou-landdroshof verskyn.

Brig. Hlulani Mashaba sê die vrou is Woensdag saam met vriende na die profeet se huis in die Tsinga-woonbuurt vir ‘n sosiale byeenkoms wat tot laat Donderdag geduur het. Sy het in ‘n stadium aanwysings na ‘n badkamer gevra, waarna die profeet haar glo gevolg en tot in die hoofslaapkamer forseer en verkrag het. Sy het die voorval Donderdag by die polisie aangemeld en ‘n verkragtingsaak is oopgemaak.

Die verdagte is Donderdag in hegtenis geneem en het in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding totdat die saak weer op 18 April vir ‘n formele borgaansoek sal voorkom.

Die polisie se ondersoek duur voort.