‘Profeet’ vyf keer lewenslank vir verkragting gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Mthokozisi Cyril Mdlalose (37), ‘n selfverklaarde “profeet” cum tradisionele geneser, is Woensdag tot vyf keer lewenslank en nog 30 jaar in die Nquthu-streekshof gevonnis.

Kol. Robert Netshiunda sê die ondersoekwerk van GKS-speurders het Mdlalose se skuld bo rekedelike twyfel bewys.

Mdlalose se misdaadtog het in Oktober 2020 begin toe hy homself as ‘n profeet voorgedoen en dieselfde modus operandi op sy slagoffers gebruik het. Hy sou vir sy slagoffers sê hulle is getoor (bewithced) en het nie meer lank om te lewe nie. Hy sou dan die slagoffers na sy huis ontbied om “die vloek om te keer”. Die slagoffers is dan verkrag.

In Oktober 2020 was ‘n 18-jarige meisie sy slagoffer wat twee keer verkrag is, in Februarie 2022 is ‘n 15-jarige meisie verskeie kere verkrag en in Augustus dieselfde jaar het hy hom as ‘n tradisionele geneser voorgedoen en ‘n 18-jarige slagoffer verkrag.

Netshiunda sê die ondersoekbeampte het Mdlalose aan al drie die verkragtings gekoppel. Hy is skuldig bevind en gevonnis. Sy naam word in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring en hy is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Lt.genl. Nhlanhla Knhwanazi, die provinsiale kommissaris in KZN, het die ondersoekbeampte en die hof vir die suksesvolle afhandeling van die saak geprys.

“Die vonnis kom in ‘n maand waarin die land al die pogings en opofferings wat vroue in ons samelewing gemaak het, eer en aandag daaraan gee. Vonnisse soos hierdie moedig ons ondersoekers aan om meer moeite te doen en geen steen onaangeroer te laat nie, wetende dat die hof diegene wat vroue mishandel vir altyd uit die samelewing sal verwyder.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief