Prokureur (81) op aanklag van R39 m. se bedrog in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Solomon Slom (81), ‘n prokureur en voormalige direkteur van Fluxmans-prokureurs, het op aanklag van bedrog van R39 m. in die hof verskyn.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Slom, wat in die Johannesburgse gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Palmridge voorkom, het as ‘n verteenwoordiger vir Fluxmans opgetree. Tydens ‘n Escrow-ooreenkoms, tussen 2019 en 2024, het Slom glo sonder magtiging geld uit die Escrow-rekening onttrek. Die geld, wat deur 145 transaksies onttrek is, is vir persoonlike gebruik aangewend.

“Die fondse was bedoel om in Fluxmans se trustrekening, die Escrow-rekening genoem, gehou te word totdat die ooreenkoms se bepalings nagekom is.” Die ooreenkoms was deel van ‘n subskripsie-ooreenkoms tussen vier partye.

Mjonondwane sê Slom het glo fiktiewe rekwisisievorms ingedien om die geld te bekom. Nadat ‘n persoon van die Escow-ooreenkoms onraad gemerk het, is Fluxmans ingelig en die beweerde bedrog is ontdek. ‘n Kriminele saak is ondersoek.

“Die bedrog is ontdek toe die betrokke partye ‘n bankstaat aangevra het, wat ‘n tekort van R39 m. aan die lig gebring het. Die 81-jarige het probeer om sy eie lewe te neem toe die bedrog ontdek is, maar was onsuksesvol.”

Slom is met voorwaardes op borg van R50 000 vrygelaat en sal weer vir openbaarmaking op 12 September in die hof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App