Prokureur aan statutêre verkragting en nog klagtes skuldig

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Theo Hartzenberg, ‘n Kaapstadse prokureur, is Donderdag in die Wynberg-streekshof vir statutêre verkragting, seksuele uitbuiting van ‘n kind en betrokkenheid by seksuele dienste van ‘n persoon 18 jaar of ouer skuldig bevind.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die skuldigbevinding word verwelkom. Die staat sal die hof versoek om die maksimum voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar direkte tronkstraf op te lê.

Hartzenberg het op meer as 20 aanklagte onskuldig gepleit.

In die saak is verskeie getuienisse aangehoor, onder meer dié van ‘n getuie wat 18 was en op straat gebly het. Hy het deur anders seuns van Hartzenberg, wat in Muizenberg woon, bewus geword. Daarna het ‘n vriend, hyself en ander seuns vir betaling met Hartzenberg seksuele omgang gehad. Die getuie het die geld vir Mandrax, gom en kos gebruik.

‘n Getuie (16) wat in camera getuig het, het die eerste getuie se getuienis bevestig. Die seun, wat ook vir seksuele omgang betaal is, se ouers was nie bewus was van wat gebeur het nie, Hy het op Vrydae skool gebank en op die strand gebedel.

Hartzenberg het geweier om te getuig en het op uitstel aangedring, waarna die hof die verdediging se saak gesluit het.

Die aanklaer het aan die hof voorgehou die beskuldigde het geweet die slagoffers is kwesbare straatkinders en daarom maklik om uit te buit. Hartzenberg het wel erken dat hy vir hulle geld en kos gegee het.

Die hof het bevind die staat het sy saak teen die beskuldigde bewys. Vonnisverrigtinge sal op 18 April 2024 voortgaan.

Adv. Nicolette Bel, die direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap, het die skuldigbevinding verwelkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief