Prokureur gevonnis vir poging om aanklaer om te koop

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Phuti Given Mothemane, ‘n prokureur, is deur die Bellville-handelsmisdaadhof gevonnis nadat hy op 23 September 2022 onregmatig, wederregtelik en opsetlik ‘n omkoopaanbod van R50 000 aan adv. Ezmeralda Johnson, ‘n senior staatsaanklaer, gemaak het.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê Mothemane is tot nege jaar direkte gevangenisstraf gevonnis. Dit is in geheel opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie gedurende hierdie tydperk vir korrupsie in hegtenis geneem word nie. Hy is ook tot drie jaar korrektiewe toesig, wat huisarres, gemeenskapsdiens van 16 uur per maand en deelname aan behandelings- of rehabilitasieprogramme insluit. Met die omkoopaanbod wou Mothemani vervolging teen sy kliënt keer.

Volgens adv. Johnson het Mothemane verduidelik dat sy kliënt, ’n sakeman wat by ’n tender vir die Beaufort-Wes-munisipaliteit betrokke was, geld verloor en bereid was om te betaal om die saak te laat “verdwyn”. Johnson het die aanbod van die hand gewys en die voorval aangemeld.

Adv. Nicolette Bell, die direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap, het die vonnis verwelkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief