Lees ook: Polisie getuig verdagte was verbaas Meyiwa-saak word nog ondersoek
PRETORIA. – Die prokureur vir beskuldigde nommer 1 in die Senzo Meyiwa-saak wil prominente figure dagvaar om in die saak te getuig. Thulani Mngomezulu wil hê Irvin Khoza, Kelly Khumalo en Longwe Twala se pa, Chicco, moet getuig.
Tydens die kruisverhoor van sers. Batho Magola het hy ’n verklaring van Meyiwa se broer gelees waarin hy gesê het die Orlando Pirates-voorsitter, Irvin Khoza, het hom “die waarheid oor Meyiwa se dood vertel”.
Sifiso Meyiwa het gesê Khoza het gesê Senzo is doodgeskiet na ’n argument tussen Longwe Twala en Zandi Khumalo en dat daar geen inbrekers was nie.
Die staatsaanklaer het gesê Khoza het ’n verklaring afgelê dat Sifiso se storie onwaar is. Mngomezulu het gesê Khoza moet in die hof onder eed sê Sifiso se storie is onwaar.
Bronne: EWN, The Citizen, Bulletin
Lees ook: Polisie getuig verdagte was verbaas Meyiwa-saak word nog ondersoek





