Protesaksie vandag oor ‘doodskip’ met beeste

Lees ook :

Foto: DBV

WES-KAAP. – ‘n Protesaksie word vir vandag gereël om ontevredenheid aan te teken teen die 19 000 beeste wat tans al vir dae aaneen in haglike omstandighede op die EL Kuwait- veedraende skip in die Kaapstadse hawe staan. Dit sluit nie die tydperk in wat die diere reeds ter see deurgebring het nie. Die protesaksie word op die Beauty Without Cruelty SA Facebook-blad bestuur.

Die NSPCA en DBV het reeds die diere in die teenwoordigheid van die polisie geïnspekteer en sê soos voorheen berig hulle sal nie huiwer om vervolging in te stel nie.

Protesgangers sal mekaar by die Taliep Peterson-brug in Nelson Mandela-rylaan ontmoet. Daar kan in Conventrystraat by die park of elders naby parkeer word. Protesplakkate sal voorsien word, maar eie plakkate kan ook gebring word. Protesgangers kan vroeër opdaag, maar die tyd is vir 16:00 tot 17:30 aangedui.

Die NSPCA (oorhoofs vir die DBV landswyd) is reeds sedert 2019 in ‘n stryd gewikkel om die vervoer van lewendige diere ter see stop te sit. Volgens ‘n verklaring in September 2019 uitgereik was die doel om Al Mawashi SA, die grootste uitvoerder van lewende hawe uit Suid-Afrika, te keer om skape lewendig ter see na die Midde-Ooste toe te vervoer. ‘n Tydelike bevel is aanvanklik deur die hof toegestaan, maar met sekere voorwaardes is die uitvoere weer deur die hof ingestel.

https://nspca.co.za/campaign-against-live-export-animals/

Bron: End Live Animal Export SA WhatsApp-groep

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief