Provinsiale kommissaris van polisie vir Gauteng aangestel

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Lt.genl. Tommy Mthombeni is gisteraand deur genl. Fannie Masemola as die provinsiale kommissaris vir die polisie in Gauteng aangestel.

Masemola sê die pos is krities om die ontplooiing van kapasiteit en hulpbronne soos in Seksie 205 van die grondwet van Suid-Afrika te verseker. Dit sal ook verhoogde polisie-sigbaarheid in gemeenskappe in die voorkoming, bekamping en ondersoek van misdaad verhoog en oortreders aan die pen laat ry.

Mthombeni het sedert 1 Februarie in die rang van generaal-majoor in die vakante pos wat hy nou volwaardig en met ‘n nuwe bevorderingsrang beklee, waargeneem. Sy voorganger, lt.genl. Elias Mawela, het afgetree. Masemola sê die pos is gevul om die voortdurende stryd teen misdaad in die ekonomiese spilpunt van die land te verseker.

Die provinsiale kommissaris, met 37 jaar diens op sy kerfstok, het ondervinding en het reeds sedert 2020 as die adjunk-kommissaris in die provinsie wat vir sigbare polisiëring verantwoordelik is, diens gedoen. Posisies wat hy reeds beklee het, sluit in Tshwane-groepbevelvoerder (cluster commander) en distriksbevelvoerder in. Hy het ook as stasiebevelvoerder in Soweto en Pretoria-Sentraal diens gedoen.

Buiten ondervinding het Mthombeni ‘n nasionale diploma in polisie-administrasie, ‘n nasionale hoër diploma in polisiëring en ‘n meestersgraad in publieke administrasie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App