Vroeë data van die Sentrale Energiefonds dui op ‘n moontlike daling in die prys van petrol en diesel in April.
Lees ook: Betaal môre minder vir brandstof
Die prys van 93-oktaan petrol kan met 70 sent per liter daal en die prys van 95-oktaan petrol met 73 sent per liter. Die prys van 0.05%-diesel kan met 75 sent per liter daal en die prys van 0.005%-diesel met 79 sent per liter.
Dit is te vroeg om te bepaal of die pryse sal hou met die begrotingstoespraak wat nog moet plaasvind.
Bronne: BusinessTech, The South African, Joburg ETC
Lees ook: Betaal môre minder vir brandstof





