Psira, reguleerder van die privaat veiligheidsbedryf, het Vrydag voorgestelde wysigings van vuurwapenregulasies wat op 28 Maart deur Senzo Mchunu, die polisieminister, in die Staatskoerant afgekondig is, in ‘n verklaring erken. Die afkondiging het vrese oor ontwapening veroorsaak.
Die gemeenskap en rolspelers het tot 25 April om kommentaar op die voorstelle te lewer. Psira verseker dat die voorstelle nie die diens wat gelewer word, sal benadeel nie. Die owerheid sê veiligheidswagte word nie verbied om vuurwapens te gebruik nie en die voorstelle is slegs om ‘n sekere kaliber vuurwapen vir gebruik deur dienste voor te stel. Dit kort ook nie die hoeveelheid ammunisie wat uitgereik word, in nie, maar sal inteendeel sorg dat daar genoeg ammunisie vir diens beskikbaar sal wees.
Ian Cameron, die voorsitter van die nasionale vergadering van die portefeuljekomitee oor die polisie, sê in reaksie op die verklaring: “Ek is jammer, Privaat Sekuriteitsbedryf Regulerende Owerheid, maar op hierdie een is jy verkeerd. Met die voorgestelde wysigings kan ‘n rower nou ‘n juwelierswinkel in ‘n winkelsentrum met ‘n sakmes beroof. Pas net die bestaande regulasies en wetgewing behoorlik toe en dinge sal verbeter. Die voorgestelde wysigings sal waarskynlik ook die risiko loop om afpersing te verhoog.”
Die DA het op sy beurt ‘n petisie teen die wysiging van die regulasies geloods en sê die veiligheid van die gemeenskap is saam met 500 000 poste in die industrie in gedrang.
Lees die volledige verklaring hier onder:





Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com





