R27 m. se vervalste goedere gekonfiskeer

Lees ook :

Foto's: Durban Metro Police Service

KWAZULU-NATAL. – ’n Gesamentlike wetstoepassingsoperasie het Dinsdag vervalste en smokkelgoedere ter waarde van sowat R27 miljoen by ‘n perseel in Felix Dlaminiweg, in Sydenham, Durban, aan die lig gebring. 14 persone wat glo die immigrasiewet oortree het, is saam met hul werkgewer in hegtenis geneem.

Die Durban-metropolisie sê in ‘n sosialemediaplasing die grootskaalse soek-en-beslagleggingsoperasie is deur ’n multidissiplinêre span uitgevoer. Die intelligensiegedrewe aksie was gemik op onwettige handel, vervalste produkte, smokkelary en oortredings van immigrasiewetgewing. Meer as 14 miljoen selfoonbykomstighede is tydens die operasie gekonfiskeer. Die totale geraamde waarde van die goedere beloop R27 miljoen. Die items is vir verdere ondersoek aan doeane oorhandig. Benewens die 14 inhegtenisnemings vir oortredings van die immigrasiewet, kan verdere aanklagte ingevolge die Wet op Doeane en Aksyns, asook die Wet op Vervalste Goedere volg. Aanklagte vir die indiensneming van onwettige immigrante staar ook die werkgewer in die gesig.

Verskeie nasionale en provinsiale eenhede het aan die operasie deelgeneem, insluitend die polisie, provinsiale en nasionale eenhede vir vervalste en smokkelgoedere, die provinsiale dwelm- en vuurwapeneenheid, die nasionale intervensie-eenheid, openbare orde-polisiëring (KZN), die grensbestuursowerheid, doeane se nasionale snelreaksiespan, asook verteenwoordigers van handelsmerkeienaars.

Die metro sê die gesamentlike optrede beklemtoon die noue samewerking tussen wetstoepassingsagentskappe om onwettige handelsnetwerke in eThekwini te ontwrig en wettige ondernemings en die ekonomie te beskerm.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief