R4 m. se dwelms by dwelmlaboratorium gekonfiskeer

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Dwelmlaboratorium is tydens ‘n operasie deur lede van georganiseerde misdaad- en blitspatrollie in die Makotse-woonbuurt in Lebowakgomo ontdek.

Brig. Hlulani Mashaba sê ongeveer R4 m. se dwelms is gekonfiskeer en drie verdagtes is in hegtenis geneem. ‘n Beduidende hoeveelheid Mandrax-tablette is by ‘n verdagte se huis ontdek, waarna die dwelmlaboratorium daar naby gekry is. Verskeie chemikalieë wat in dwelmvervaardiging gebruik word, is ook gevind.

Die polisie se forensiese wetenskaplaboratorium het die toneel ondersoek.

Die verdagtes het Maandag vlugtig op aanklagte van die besit van en handel in dwelms in die Thabamoopo-landdroshof verskyn. Die saak is vir ‘n formele borgaansoek tot 7 Oktober uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief